SKOOLREËLS

1.1

ALGEMENE BEGINSELS:

1.1.1

Goeie maniere en keurige taalgebruik is noodsaaklik en leerlinge se gedrag, optrede en voorkoms moet te alle tye aan algemeen aanvaarde standaarde voldoen.

1.1.2

Die leerlingraad word met spesifieke gesag beklee om te help om die skoolreëls toe te pas en tree op as skakel tussen die leerlinge en die personeel.

1.1.3

Oortreding van skoolreëls word gestraf. Die aard van die straf word bepaal deur die aard van die oortreding.

1.1.4

Herhaalde oortreding van skoolreëls word as wangedrag beskou en kan aanleiding gee tot die toepassing van maatreëls waarvoor daar in die tersaaklike wetgewing voorsiening gemaak is.

1.2

ALGEMENE REËLS:

1.2.1

Geen papiere of ander rommel mag op die terrein of in die lokale gelaat word nie.

1.2.2

Geen leerling mag  homself of enige ander persoon in gevaar stel deur enige optrede of aktiwiteit nie.

1.2.3

Die gooi van voorwerpe soos byvoorbeeld klippe is verbode.

1.2.4

Geen leerling mag gedurende pouses, voor skool of na skool in die klaskamers wees sonder toestemming van die betrokke onderwyser nie.

1.2.5

Geen skade mag aan die gebou of enige ander skooleiendom aangerig word nie. In gevalle van opsetlike beskadiging sal herstelkoste van die betrokkene verhaal word.

1.2.6

Geen leerling mag buite skoolure sonder toestemming in die geboue-kompleks wees nie, tensy hulle besig is met goedgekeurde georganiseerde buitemuurse aktiwiteite. Indien die hekke gesluit is, geld dieselfde beginsels vir die terrein.

1.2.7

Geen leerling mag besoekers by die skool ontvang nie; dit sluit ook besoekers in wat by die grensdraad kom kuier.

1.2.8

Leerlinge mag nie op die skoolterrein of in skooldrag of enige plek waar hulle as leerlinge van die skool geïdentifiseer kan word, rook, alkoholiese-drank gebruik of enige vorm van dwelmmiddel gebruik nie.

1.2.9

Leerlinge mag nie SPOEG op die skoolterrein nie.

1.2.10

Verbode gebiede op die terrein nl. die B-rugby- en hokkievelde mag nie tydens pouse betree word nie.

1.2.11

Die vashou van hande, vryery en die hang aan mekaar in skoolklere is verbode vir beide geslagte.

1.2.12

Daar mag geen aanstootlike slagspreuke of tekening op enige tas wees nie.

1.2.13

Aantree voor skool:

Almal tree voor skool in rye in klasverband op die vierkant aan.

Stilte heers vandat opening begin.

1.2.14

Selfone moet liefs tuis gelaat word, maar indien by die skool is, moet dit altyd afgeskakel wees.

1.3

KLEEDKAMERS

1.3.1

Kleedkamers word vir spesifieke graadgroepe gereserveer en moet sodanig gebruik word.                          

Meisies

Bo        - Gr 8 & 9

Middel - Gr 10 & 11

Onder   - Matrikulante

Seuns

Bo        - Gr 8 & 9

Middel - Gr 10 & 11

Onder   - Matrikulante

Geen seun word in ‘n meisieskleedkamer toegelaat nie en geen meisie in ‘n seunskleedkamer nie.

1.3.2

Geen samedromming of spelery word in die kleedkamers toegelaat nie.

1.3.3

Geen rokery word in die kleedkamers toegelaat nie.

1.3.4

Laat asseblief die kleedkamers in ‘n netjiese, skoon toestand na gebruik.

1.4

SKOOLDRAG

MEISIES

1.4.1 

Slegs skoolbaadjies en skooltruie mag gedra word.

1.4.1.1

Skoolbaadjies

*

Verpligtend vir alle leerders. 

Leerders moet skoolbaadjies aanhê by amptelike funksies soos bv. Bekroningsfunksies en saalgeleenthede

*

Jade om baadjie slegs vir Matriekleerlinge

*

Wit omboorsel om baadjie slegs vir Dagbestuur

1.4.1.2

Skooltruie

*

Beskikbaar by verskaffers

*

Mag nie uitgerek wees nie

*

Mag nie uitgerafel wees nie

*

Mag nie te groot wees nie, die hande mag nie bedek wees nie

*

Selfgebreide truie - die snit en kleur moet by die skooltrui van die verskaffer pas

*

Geen drimac word toegelaat nie.

*

'n Sweetpaktop mag nie onder 'n skoolbaadjie gedra word nie

*

Slegs 'n skooltrui mag onder 'n baadjie gedra word.

*

moet navy (donkerblou) wees

1.4.2

Skoolromp, wit hemp, skooldas, grys langbroek word gedra, en blou (navy) skoolsokkies wat deur verskaffers verskaf word.

1.4.2.1

Skoolromp

*

Mag nie afgewerk wees nie

*

Moet 10cm vanaf grond wees wanneer op knieë staan

*

Rompe mag nie opgerol wees nie

1.4.2.2

Hemp

*

Slegs oopslaan amptelike wit hemp met geborduurde skoolwapen is toelaatbaar.

*

Geen das word saam met die hemp gedra

*

Onderklere moet nie deurskyn nie

*

Hemde mag nie oorhang nie, moet goed ingesteek wees

*

Mag nie net ingevou wees nie, vertoon baie slordig. 

*

Wanneer ‘n das gedra word, moet dit saam met die amptelike wit hemp met geborduurde skoolwapen gedra word.

*

Moet ten alle tye styf toegeknoop wees en nie ‘n oopnekhemp nie

Oopnek-somerhemp

*

Amptelike wit hemp met geborduurde skoolwapen.  Hierdie hemp word nie ingesteek nie en sonder das gedra.

*

Mag nie saam met langbroek, “pullover”, trui of baadjie gedra word nie.

*

Slegs saam met romp met kort kouse.

1.4.2.3

Skooldas

*

Mag nie uitgerafel wees nie en ten alle tye styfgeknoop wees tot by die knoop                                  

*

Niks mag op das geskryf wees nie

*

Geknoopte das mag nie langer as gordel wees nie

*

Geknoopte das mag nie korter as middellyf wees nie

*

'n Matriekdas mag net deur matriek leerlinge gedra word

*

'n Dagbestuursdas mag net deur die Dagbestuur gedra word

*

Dagbestuurslede moet leerlingraadsdas dra en nie matriekdas nie.

1.4.2.4

Grys langbroeke

*

Slegs die grys broeke kan gedra word wat deur die verskaffers verskaf word

*

Moet ‘n soom hê

*

Mag nie te lank wees sodat dit op grond sleep nie

*

Mag nie afgewerk word nie

*

Sykante mag nie oopgesny wees nie

*

Wanneer ‘n langbroek gedra word MOET ‘n das daarmee saamgedra word

*

Slegs grys of swart gordels sonder enige blink insetsels of knopies mag gedra word

1.4.2.5

Kouse

*

Slegs blou (navy) sokkies word by romp en   langbroek gedra

*

Lang blou kouse, moet in die winter gedra word saam met romp en mag op koue somersdae gedra word (“tights”)

*

GEEN SYKOUSE word gedra nie. (deurskynend)

1.4.2.6

Swart skool-skoene is verpligtend

*

Slegs toerygskoene en gespeskoene of “baby-doll” skoene dra

Daar mag niks op skoene geskryf of geteken wees nie

*

Geen platform-  of klinknaelskoen (studs) mag gedra word nie

*

Geen blinkleer, suede of seilskoene mag gedra word nie

*

Geen ballet tipe skoen sonder ‘n definitiewe band oor die voet mag gedra word nie

*

Geen "slip-ons" mag gedra word nie.

1.4.2.8

Geen gekleurde serpe word in winter gedra nie, slegs vlootblou gekomplimenteer met turkoois, indien verkies, of 'n suiwer wit serp.

1.4.2.9

Geen musse nie

1.5

HARE

1.5.1

Die kleur “tint” van hare is nie aanvaarbaar nie.

1.5.2

Hare moet een natuurlike kleur wees - ligstrepe (highlights) en gekleurde stroke (bleik) is nie aanvaarbaar nie, ook nie “two tone” hare nie.

1.5.3

Die kuif se lengte en enige ander deel van die kapsel se lengte moet in verhouding met die res van die kapsel wees en hare mag onder geen omstandighede die leerling se sig belemmer nie.

1.5.4

Geen stertjies of toutjies, behalwe vlegsels, is toelaatbaar nie (hoogstens twee).

1.5.5

Wanneer daar meer as twee vlegsels by lang hare is,  moet dit vasgebind wees in ‘n poniestert en mag nie los hang nie. Kort hare - geen vlegsels nie.

1.5.6

Geen “slierte” langs die oor wat afhang nie.

1.5.7

Haarlinte, knippe, rekke, haarbande, kammetjies -  slegs donkerblou, jade (kleur van romp) of wit, is toelaatbaar of die kleur van leerling se hare, swart of bruin.  GEEN ANDER KLEURE IS TOELAATBAAR NIE.

1.5.8

Wanneer hare oor die kraag van hemp hang, moet dit vasgemaak of gesny word.

1.5.9

Geen uitspattige haarstyle bv. “undercuts” word toegelaat nie. JEL mag gebruik word vir die netheid van hare, maar mag nie die haarstyl verander nie.

1.5.10

Pluising (tease) van hare mag nie buite verhouding met die res van die kapsel wees nie.

1.5.11

Hare moet netjies vasgebind wees in poniestert.

1.6

JUWELE

1.6.1

Slegs ‘n polshorlosie mag gedra word, geen kraletjies, bandjies van enige aard of koper armbande nie. “Medic Alert” hangertjie of armband kan gedra word.

1.6.2

Geen hangertjies of kettings word saam met skooldrag of sportdrag gedra nie

1.6.3

GEEN RINGE word gedra nie.

1.6.4

SLEGS EEN oorkrabbertjie per oor in die gaatjie in die oorbel mag gedra word, geen oorkrabbertjie in oorskulp nie.

1.6.5

“Studs” -  goud, silwer of met blou, groen of wit steentjies in studs - is toelaatbaar. Oorringe se grootte mag nie groter as ‘n 5c-stuk wees nie.

1.6.6

Geen “piercing” en tatoeëring wat sigbaar is, word toegelaat nie, bv. in neus, tong, wenkbrou ens.  Geen tongring word toegelaat nie.

1.7

GRIMERING

1.7.1     

GEEN GRIMERING van enige aard mag gedra word nie, - maskara, oogomlyner, lipomlyner, oogskadu ens.

1.7.2

GEEN onderlaag word gedra nie.

1.7.3

GEEN “lipgloss” word gedra nie.

1.7.4

GEEN ligte lipstiffie mag gedra word nie.

1.8

NAELS

1.8.1

Moet ten alle tye netjies versorg, skoon en kortgeknip wees (modelwerk is nie ‘n verskoning vir lang, vals naels nie).

1.8.2

Geen naellak mag gedra word nie.

1.8.3

GEEN vals naels.

1.8.4

GEEN French manicure.

1.9

ALGEMEEN

1.9.1

INFORMELE DRAG (VRYDAE) 

Slegs 1ste kwartaal, 4de kwartaal en loslitdag

1.9.1.1

Slegs donkerblou, effekleur denims.

1.9.1.2

Geen versiering op denims nie.  Denims mag nie geskeur wees nie.

1.9.1.3

Net gewone langbroek; geen kniebroek, kuitbroek, oprygbroek, kortbroek nie.

1.9.1.4

Slegs Feeshempie.

1.9.1.5

GEEN JUWELE / GRIMERING NIE aangesien gewone skoolreëls geld.

1.9.1.6

Wit, blou of swart tekkies - GEEN plakkies nie!  Geen “slip-ons” nie! Ballet tipe seilskoene sonder veters nie toelaatbaar nie.  Vetertekkies moet met veters gedra word.  Kouse moet ten alle tye by tekkies gedra word.

1.9.1.7

Reëls vir hare geld soos normaalweg.

1.9.1.8

Geen provinsiale-,  prestasie- of spandrag is toelaatbaar nie.

1.9.1.9

Slegs 'n skooltrui mag saam met die feeshempie gedra word indien dit koud is, so nie moet formele skooldrag gedra word.

1.9.2

SIVIELEDRAG PER GELEENTHEID

1.9.2.1

Volle skoolreëls geld ten opsigte van hare en naels

1.9.2.2

GEEN JUWELE / GRIMERING NIE aangesien gewone skoolreëls geld

1.9.2.3

Geen oop magies, uitlokkende drag of onderklere wat uitsteek, sal toegelaat word nie.

1.9.3

SPORTDRAG

1.9.3.1

Eerste spanne MOET met volle skooldrag en skoolbaadjie na byeenkomste gaan.

1.9.3.2   

Afrigters van ander spanne sal self met spanne reël of hulle met volle skool-sweetpakkke of skooldrag na byeenkomste gaan.

1.9.3.3

Geen span- of provinsiale drag is toelaatbaar nie.

1.9.3.4

Atlete mag slegs met voorgeskrewe atletiekdrag deelneem naamlik standaard atletiek-frokkie en -broekie, Dinamika kortbroek, feeshemp en skool-sweetpakbroek.  Kort of lang navy blou ski-pants mag gedra word, tydens deelname aan ‘n item, daarna moet amptelike sportdrag gedra word.

1.9.3.5

Klub 800 en beter hempies mag na die byeenkoms gedra word, maar deelnemers mag slegs met atletiekdrag deelneem.

1.9.3.6

Wanneer daar 'n sportdag gedurende die week is, moet leerlinge óf met skooldrag skool toe kom en tweede pouse verklee indien afrigters dit verkies, óf met volle skoolsweetpak en tekkies skool toe kom (deelnemersdrag moet onder sweetpak aangetrek wees), behalwe die Eerste spanne wat in skooldrag moet bly.

1.9.3.7

Afrigters moet let op eenvormige drag by spanlede ook ten opsigte van hulle kouse.

1.10

SKOOLDRAG

SEUNS

1.10.1

Slegs skoolbaadjies en skooltruie mag gedra word.

1.10.1.1

Skoolbaadjies

*

Verpligtend vir alle leerders. 

Leerders moet skoolbaadjies aanhê by amptelike funksies soos bv. Bekroningsfunksies en saalgeleenthede

*

Jade om baadjie slegs vir Matriekleerlinge

*

Wit omboorsel om baadjie slegs vir Dagbestuur

1.10.1.2

Skooltruie

*

Beskikbaar by verskaffers

*

Mag nie uitgerek wees nie

*

Mag nie uitgerafel wees nie

*

Mag nie te groot wees nie, die hande mag nie bedek wees nie

*

Selfgebreide truie - die snit en kleur moet by die skooltrui van die verskaffer pas

 

*

Geen drimac word toegelaat nie

*

'n Drimac of sweetpaktop mag nie onder 'n skoolbaadjie gedra word nie

*

Slegs 'n skooltrui mag onder 'n baadjie gedra word

1.10.2

‘n Wit hemp, grys broek en skooldas word gedra

1.10.2.1

Hemp

*

Amptelike wit hemp met geborduurde skoolwapen.  Hierdie hemp word met ‘n das gedra.

*

Niks mag op hemp geskryf wees nie

*

Moue moet tot op die elmboog opgerol wees

*

Trui of  T-hemp onder die hemp mag nie uitsteek nie

*

Net ‘n wit T-hemp mag onder hemp gedra word, sonder enige prente of slagspreuke

Oopnek-somerhemp

*

Amptelike wit oopslaan hemp met geborduurde skoolwapen.  Hierdie hemp word sonder ‘n das gedra.  Die hemp moet egter by langbroek ingesteek word. Mag saam met langbroek of kortbroek gedra word.

*

Mag nie saam met “pullover”, trui of baadjie gedra word nie.

1.10.2.2

Grys broeke

*

Voorsien deur verskaffers, geen ander grys broek is toelaatbaar nie

*

Broeke mag nie afgewerk word nie

*

Moet ‘n soom in die broek hê

*

Broek mag nie op grond sleep nie

*

Sykante mag nie onder oopgesny word om oor skoen te pas nie

*

Slegs grys of swart gordels sonder enige blink insetsels of knopies mag gedra word

*

Grys kortbroek deur ons amptelike verskaffers mag gedra word.  Geen langbroek mag afgesny word om 'n kortbroek te maak nie!

*

Mag saam met das en baadjie gedra word

1.10.2.3

Skooldas

*

Mag nie uitgerafel wees nie en ten alle tye styfgeknoop wees tot by die knoop

*

Niks mag op das geskryf wees nie

*

Geknoopte das mag nie langer as gordel wees nie

*

Geknoopte das mag nie korter as middellyf wees nie

*

'n Matriekdas mag net deur matriek leerlinge gedra word

*

'n Dagbestuursdas mag net deur Dagbestuur gedra word

*

Dagbestuurslede moet leerlingraadsdas dra en nie matriekdas

1.10.2.4

Kouse

*

Slegs grys kouse is toelaatbaar

1.10.2.5

Skoene

*

Swart toeryg skoolskoene is verpligtend

*

Geen blinkleer,- suede- of tekkies mag gedra word nie

*

Geen platform- of klinknael-skoene (studs) mag gedra word nie

1.10.3

Geen gekleurde serpe word in die winter gedra nie, slegs vlootblou gekomplimenteer met turkoois, indien verkies of 'n suiwer wit serp.

1.10.4

Geen pette en musse word gedra nie.

1.11

NAELS

1.11.1

Moet ten alle tye netjies versorg, skoon en kortgeknip wees.

1.12

JUWELE

1.12.1

Geen ringe

1.12.2

Geen oorbelle

1.12.3

Geen “piercing” en tatoeëring word toegelaat, wat sigbaar is nie, bv. Oorringe.  Geen tongring word toegelaat  nie.

1.12.4

Slegs polshorlosies word gedra

1.12.5

“Medic Alert” armbande kan gedra word

1.12.6

Geen hangertjies van enige aard word gedra by skooldrag en sportdrag nie

1.12.7

Geen koperarmbande, bandjies van enige aard, kraletjies of rekkies nie.

1.13

HARE

1.13.1

Hare mag nie gekleur word nie en ligstrepe (“highlights”) en gekleurde stroke is nie toelaatbaar nie.

1.13.2

Seuns se hare moet netjies geknip wees in die nek, op die agterkop en om die ore.

1.13.3

Geen “undercut” nie.

1.13.4

Geen uitspattige haarstyle word toegelaat nie.

1.13.5

Die lengte van enige deel van die kapsel moet in ooreenstemming met die res van die kapsel wees en mag onder geen omstandighede die leerling se sig belemmer nie.

1.13.6

Jel kan gebruik word om hare netjies te hou maar mag nie aangewend word om die lengte van die hare te verdoesel nie. Geen uitspattige haarstyle word geskep nie bv. om hare met punte te laat opstaan nie.

1.13.7

Lengte van “sidies” moet in die helfte van die oorskulp wees.

1.13.8

Hare in die nek mag nie aan die kraag raak nie.

1.13.9

Seuns wat hul hare middelpaadjies dra, se hare mag nie hul sig belemmer nie

1.13.10

Geen “vlegsels” is toelaatbaar in hare nie.

1.13.11

Geen "beadhead" of "mohawk" haarstyl toelaatbaar nie.

1.13.12

Seuns MOET TEN ALLE TYE GESKEER WEES.

1.14

ALGEMEEN

1.14.1

INFORMELE DRAG (VRYDAE) 

Slegs 1ste kwartaal, 4de kwartaal en loslitdag

1.14.1.1

Slegs donkerblou, effekleur denims.

1.14.1.2

Net gewone langbroek; geen kniebroek, kuitbroek, oprygbroek, kortbroek nie.

1.14.1.3

Geen versiering op denims nie.  Denims mag nie geskeur wees nie.

1.14.1.4

Slegs feeshempie

1.14.1.5

GEEN JUWELE NIE aangesien gewone skoolreëls geld.

1.14.1.6

Wit, blou of swart tekkies - GEEN plakkies nie!  Geen “slip-ons” nie!

Geen seilskoene met enige patrone op word toegelaat nie.  Geen moccasin-tipe skoen word toegelaat nie.

1.14.1.7

Reëls vir hare geld soos normaalweg.

1.14.1.8

Geen provinsiale-, prestasie- of spandrag is toelaatbaar nie.

1.14.1.9

Slegs ‘n skooltrui mag saam met die feeshempie gedra word indien dit koud is, so nie moet formele skooldrag gedra word.

1.14.2

SIVIELEDRAG PER GELEENTHEID

1.14.2.1

Volle skoolreëls geld ten opsigte van hare en naels

1.14.2.2

GEEN JUWELE NIE aangesien gewone skoolreëls geld

1.14.3

SPORTDRAG

1.14.3.1

Eerste spanne MOET met volle skooldrag en skoolbaadjie na byeenkomste gaan.

1.14.3.2 

Afrigters sal self met spanne reël of hulle met volle skool-sweetpakke of skooldrag na byeenkomste gaan.

1.14.3.3

Geen span- of provinsiale drag is toelaatbaar nie.

1.14.3.4

Atlete mag slegs met voorgeskrewe atletiekdrag deelneem naamlik standaard atletiek-frokkie en -broekie, Dinamika kortbroek, feeshemp en skool-sweetpakbroek.

1.14.3.5

Klub 800 en beter hempies mag na die byeenkoms gedra word, maar deelnemers mag slegs met atletiekdrag deelneem.

1.14.3.6

Wanneer daar 'n sportdag gedurende die week is, moet leerlinge óf met skooldrag skool toe kom en tweede pouse verklee indien afrigters dit verkies, óf met volle skoolsweetpak en tekkies skool toe kom (deelnemersdrag moet onder sweetpak aangetrek wees) behalwe die Eerste spanne wat in skooldrag moet bly.