Snoepie, Klerebank & Boekwinkel

Die bogenoemde is vanaf 07:00 tot 15:00, Maandag tot Donderdag oop en Vrydae van 07:00 - 14:30. 

Die snoepwinkel verkoop ‘n wye verskeidenheid skyfies, sjokolade, koeldranke en kos. 

Daar word elke dag burgers (bief en hoender), geroosterde toebroodjies (hoender & mayonaise en ham & kaas) sowel as warmbrakke verkoop.

Alle leerders kan voor skool sy/haar bestelling kom plaas en ons hou dit eenkant tot pouse of na skool. Daarmee saam kan hulle ook koeldranke, skyfies of sjokolades bestel.

Die klerebank het ‘n redelike groot verskeidenheid tweedehandse klere wat nog in ‘n goeie toestand is. Indien u kind gedurende skoolure skoon of heel klere nodig het kan hy/sy net by ons kom aanklop. Al die klere: hemde, broeke, rompe, feeshempies, atletiekklere, dasse kos R40.00. Die baadjies wat hulle Dinsdae en ander spesiale dae moet dra kos R100.00.

Die boekwinkel is gedurende Januarie volstoom oop. Ons het skrifte en skryfbehoefte lyste wat elke kind in die skool nodig het. Ek glo ons pryse is ook baie billik. Die boekwinkel is dwarsdeur die jaar oop vir aanvullings soos die boeke vol word of ‘n pen opdroog.

Al die winste word teruggeploeg in die skool. Indien u enige probleme sou ondervind, kom praat asseblief met ons. Ons wil graag ons dienste verder uitbrei om dit vir u kind aangenaam te maak as hy/sy by die snoepwinkel kom.