Koor

‘n Nuwe koor is vroeg 2015 op die been gebring. Ons verwagting is dat die koor in die bekwame, musikale hande van Henk Barnard, groot hoogtes sal bereik.

Henk Barnard se lewe is gegrond in musiek. Hy het die grade B Mus. (Potch), B Mus Honns (Tukkies) en M Mus by Accademia Musicale Chigiana in Siena, Italië verwerf.

Na 3 jaar in die onderwys was hy werksaam by die SAUK as spesialis regisseur: klassieke musiek en organiseerder van die Nasionale Simfonie Orkes van die SAUK.

Hy was ook vir 30 jaar lank beoordelaar op Nasionale vlak vir Instrumente, kore en sangsolo’s. Hy is tans dirigent van 5 verskillende kore.

Met die Colla Vocé Jeugkoor het hy aan 4 internasionale koorkompetisies deelgeneem. In 2013 het hierdie koor derde plek in Wallis verower.

Henk bou tans aan Dinamika se koor en ons hou hulle beslis dop in die toekoms.

 

Ons koor wen algeheel met 93% by die 2016 Alberton Eisteddfod